GROENTE SOP

Bestanddele: wysig

🌱500g lamsvleis/beesvleis (lekker bene vleis)

🌱1 ½ kp droë sopmengsel (Lensies, ertjies of gemeng ens)

🌱2 liter kook water

🌱1 blik geskilde tamaties

🌱1 groot ui fyn gekap

🌱2 aartappels gerasper

🌱4 wortels gerasper

🌱1 ½ kop gekapte seldery

🌱½ kop ‘leeks’ (preie) opsioneel

🌱1 pakkie groentesop poeier

🌱sout, peper en worcestersous na smaak

🌱Ander kruie soos pietersielie ens na smaak

Jy kan ook jou groente in blokkies sny as jy ‘n growwe dik sop wil hê.

Metode: wysig

Plaas al die groente en sopmengsel in die “slow cooker” en sit die vleis bo-op. Maak die soppoeier aan met water en gooi oor die vleis en groente. Sit die “slow cooker” op “LOW” en laat dit prut deur die nag vir ongeveer 10 ure. Of sit die “slow cooker” op “AUTO” voor jy werk toe gaan en die sop sal na 8 ure reg wees. Indien jy meer geurmiddels verkies, sit dit by voor opdiening.