Ongeklassifiseerde grappe

(Aangestuur vanaf Onseker waar dit behoort)
  • Vir my is hansworse nie snaaks nie. Hulle maak my eintlik 'n bietjie bang. Ek het gewonder waar hierdie vrees begin het en ek dink dit was die keer toe ek en my pa sirkus toe gegaan het en hulle my pa doodgemaak het.
  • Terwyl die lig van rooi na groen na oranje en terug na rooi verander het, het ek oor die lewe gedink. Was dit nie meer as klomp toeters en geskreeu nie?
  • Ek hoop nie dat `n dier of iets 'n gat in my kop boor en eiers daar in lê nie, want as jy dink jy kry 'n slim idee is dit eintlik die eiers wat uitbroei.
  • Ek sien 'n wêreld sonder oorlog, sonder haat. Ek sien ons ook die wêreld aanval want hulle sal dit nie verwag nie.
  • Wanneer jy 'n goeie boek lees is dit as of die outeur saam in die kamer met jou is en met jou praat. Dit is hoekom ek nooit `n goeie boek lees nie.
  • Wanneer ek ryk word, hoop ek ek word nie aaklig met arm mense nie soos wat ek nou is.
  • Ek voel nie sleg as ek `n belofte breek nie, ek wonder net hoekom hulle my in die eerste plek geglo het.
  • Dit is maklik om geld te soek. Dit is waarom ek daarvan hou om net daar sit en niks te doen nie, net die geld te soek.