OLIEBOLLE

Lewer sowat 30 bolletjies.

Bestanddele: wysig

Deeg/Oliebolle

  • 4×250ml koekmeelblom
  • 250ml suiker
  • 30ml bakpoeier
  • 2 eiers, geklop
  • 250~300ml water
  • 125ml rosyne
  • 750ml (om in te braai)

Om in te rol:

Meng-

  • 500ml suiker en
  • 30ml fyn kaneel

Metode: wysig

  • Meng meel, suiker en bakpoeier in ‘n mengbak. Klop eiers en water, voeg by meelmengsel en meng goed. Roer rosyne by.
  • Verhit die olie tot warm en skep elke keer ‘n eetlepel van die beslag in die warm olie. Braai bolletjies alkant tot goudbruin.
  • Moenie meer as 4 bolletjies gelyk braai nie.
  • Skep met ‘n gaatjieslepel in uit, dreineer oortollige olie en rol in kaneelsuiker.
  • Bedien.

Wenk: wysig

Oliebolletjies moet nie lank gebêre word nie, want dit word gou sag.