Bestanddele: wysig

❄6 repies spek, gekap

❄2/3 koppie gekapte ui

❄1 koppie lensies, afgespoel

❄500gr bevrore gemengde groente (veggie mix) of paar aartappels en wortels in skywe en blokkies gesny

❄5 ½ koppies water

❄1/2 teelepel droë basiliekruid

❄1 eetlepel sjerrie

❄1 ½ teelepel sout

Metode: wysig

Ek voeg ook by so paar stukkies seldery.

Braai spek en uie in ‘n groot pot oor medium-hoë hitte, roer af en toe, 5 tot 8 minute tot die uie sag is. Roer lensies, groente, water, en basil by. Bring tot kookpunt, verminder hitte en prut, 40min to 1uur of tot groente en lensies sag is. Roer sjerrie en sout by. Verdik indien nodig.