Amarula Koek

(Aangestuur vanaf Koek)

AMARULA KOEK

Beslag:

wysig

60 ml Kakao

125 ml kookwater

3 eiers

220 ml suiker

60 ml olie

250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

Stroop:

wysig

200 ml suiker

250 ml water

60 ml Amarula-likeur

1 blik karamelkondensmelk

styf geklopte room en

“flake”-sjokolade vir versiering.

Beslag metode:

wysig

Stel oond op 180°C. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik. Sif die res van droë bestanddele by en meng goed. Skep in 22cm×30cm pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop metode:

wysig

Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Versiering:

wysig

Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. Versier met “Flake" indien verkies (nie “Pepperment Crisp” nie, want dit belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek/poeding wat lekker klam bly.

Wenk:

wysig

Ek maak myne sommer in ‘n “pyrex” bak en gooi die sous oor en smeer dan die kondensmelk oor en room. Sny in blokke en bedien.