Kerrie noedelslaai

KERRIE NOEDELSLAAI

Bestanddele: wysig

500g klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)

1 green/yellow/red pepper gekap

1 ui gekap

1 na 2 wortels geskil en grof gerasper

1 blikkie pynappelstukke of perskes

Meng: wysig

1 kop tamatiesous

½ kop asyn

½ kop olie

200ml suiker

25ml Kerrie

Sout en gemaalde swartpeper na smaak

Aanwysing: wysig

Meng alles deur en hou in yskas.Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die slaai.

NB – Laat jou noedels heeltemal koud word voor jy die sous oorgooi – die rede hiervoor is – die warm noedels suig die sous op dan raak die slaai droog en die pasta is geneig om aanmekaar vas te klou. (dit is nou vir as jy dit oornag wil laat staan)