Ertjie-lagie slaai

Hierdie resep het eintlik GEEN RESEP nodig nie – jy kan die slaai maak so groot of klein soos jy wil. Hier is ‘n aanduiding van hoeveel jy kan gebruik.

Bestanddele: wysig

★1 Blaarslaai – fyn opgekap en goed afgedroog

★1 blomkool – fyn opgekap

★1 ui – fyn opgekap

★2 stokkie seldery – fyn opgekap (ek het die gelos)

★1 Greenpepper – fyngekap

★500gr bevrore ertjies (gebruik net so gevries)

★2 kop mayonnaise

★250gr spek – bros gebraai (ek het sommer bacon-bits gebruik)

★Gerasperde kaas

Metode: wysig

Begin deur die ½ de van die blaarslaai onder in die bak te pak.

Gebruik alles helfte sodat jy 2 lae kan pak.

Pak dan lagies ertjies gevolg deur al die ander bestanddele.

Gooi 1 kop mayo oor.

Begin weer lagies pak.

Eindig af met die spek, kaas en mayo.

Die slaai is heerlik as dit oornag staan.