Duits/Grammatika/Geslag

In Afrikaans is daar net een vorm vir die bepaalde lidwoord wat vir elke selfstandige naamwoord gebruik word, nl. die. In Duits is daar egter drie verskillende vorme vir die bepaalde lidwoord, nl. die, der en das. Hierdie drie woorde word gebruik om die geslag van die woord aan te dui: der (manlik), die (vroulik), das (onsydig, neutraal). In Duits word die geslag van 'n woord nie altyd deur sy betekenis bepaal nie. So kan lewelose voorwerpe manlik, vroulik of onsydig wees, bv. der Hut (hoed), die Schule (skool), das Glas (glas).

Woordeskat: Familie
Enkelvoud Meervoud Afrikaans
der Vater die Väter vader
der Onkel die Onkel oom
der Bruder die Brüder broer
der Vetter die Vettern neef
der Großvater die Großväter oupa
der Schwager die Schwäger swaer
die Mutter die Mütter moeder
die Tante die Tanten tante
die Schwester die Schwestern suster
die Base die Basen nig
die Familie die Familien familie
die Großmutter die Großmütter ouma
die Schwägerin die Schwägerinnen skoonsuster
das Kind die Kinder kind
das Mädchen die Mädchen meisie
das Brüderchen die Brüderchen broertjie
das Schwesterchen die Schwesterchen sustertjie

Taaloefeninge wysig

  1. Gee die Duits vir: oom, suster, nig, meisie, broer, oupa, sustertjie, moeder, swaer, vader, broertjie, kind, familie
  2. Lees die volgende selfstandige naamwoorde saam met hul lidwoorde: Base, Kind, Mädchen, Bruder, Großvater, Brüderchen, Vetter, Schwägerin, Onkel, Tante, Mutter, Schwester