Beskuitjie Sjokola Fudge
Bestanddele:
wysig2 e Kakao
250 g margarien
500 g Versiersuiker
1 t Vanielje Geursel
1 pakkie Marie beskuitjies
1 eier
Metode:
wysigKrummel beskuitjies en hou eenkant. Klits eier en geursel saam. Smelt Margarien oor lae hitte. Voeg kakao, versiersuiker, geklitste eier by. Verwyder kastrol van hitte en voeg gekrummelde beskuitjies by. Gooi in gesmeerde bak, laat koud word sny in blokkies en geniet.