Beesvleis met Bruin Uiesop

Hierdie wonder lekker sop bevat geen water nie.

Bestanddele: wysig

🐂1 kg beeskrisket

🐂1,5 kg aartappels

🐂500g wortels

🐂2 uie gekap

🐂1 pakkie bruinuiesoppoeier

🐂100ml worcestersous

🐂1 kop bevrore ertjies

🐂250g sampioene (net so heel)

Metode: wysig

Pak vleis onder in “slowcooker”. Gooi droë uiesoppoeier oor en daarna die worcestersous. Pak aartappels en wortels bo-op die vleis. Sit “slowcooker” op laag en kook vir 8 ure.

Merk – geen water nie. Die 100 ml wostersous en vog van die vleis is genoeg.

Half uur na uur voor ete, stel na hoog, gooi koppie bevrore ertjies en sampioene by en indien nodig verdik met bisto. – Kook deur vir half uur of so.

Bedien met rys of stampmielies.