Hierdie Beesstert sop is eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee.

Jy benodig: wysig

🐂500 g beesstert

🐂30 ml sonneblomolie

🐂1 ui, gekap

🐂2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny

🐂1 groot selderystingel, in stukkies gesny

🐂6 tamaties, in blokkies gesny

🐂750 ml water

🐂15 ml Worcestersous

🐂1 lourierblaar

🐂sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Maak so: wysig

Verhit jou oond tot 140°C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.