Banana-split Yskastert

"BANANA SPLIT" YSKASTERT

Bestanddele: wysig

  • 1 Pakkie piesang kitspoeding (aangemaak met 2 koppies melk)
  • 250gr roomkaas (by kamertemperatuur)
  • ½ koppie versiersuiker
  • 250ml room
  • 2 pakkies tennisbeskuitjies
  • 500gr aarbeie
  • 1 Blikkie pynappelstukkies (goed gedreineer)
  • 10 na 12 kersies – gekap
  • Sjokolade en karamel sous
  • Gekapte neute

Metode: wysig

Maak jou piesang kitspoeding aan met 3 koppies melk.

Klits die roomkaas en versiersuiker tot gladde mengsel.

Meng ½ koppie piesang poeding in by die roomkaasmengsel en meng goed deur.

Klits die room tot styf. Meng ⅔ van die room in by die roomkaas mengsel.

Begin deur ‘n lagie koekies onder in ‘n bak te pak. Smeer ½ van die roomkaas mengsel oor.

Sny nou dun skyfies aarbeie en pak bo-op. Smeer nou ‘n lagie met die ½ van die piesang poeding oor.

Pak weer ‘n lagie koekies. Smeer orige roomkaas mengsel oor.

Gooi die pynappel en kersies oor. Gooi die laaste piesang poeding oor.

Pak weer ‘n lagie koekies. Eindig af met die styfgeklopte room.

Spuit nou nou die sjokolade en karamel oor met die neute. Sit in die yskas vir tenminste 4 ure of oornag.

Wenk: wysig

Indien jy kleiner glasbak wil gebruik kan jy meer lae pak.

Indien jy die sjokola en karamelsous wil los, strooi net neute en nog fyngemaakte tennisbeskuitjies oor.