Sampioen Gortsop

SAMPIOEN๐Ÿ„GORTSOP

( 4 PORSIES )

WENK- die gort kan vervang word met lensies, boontjies of 4in1sopmengsel.

Bestanddele:

wysig

๐Ÿ„ 30ml (2 e) olyfolie

๐Ÿ„ 1 yf, gekap

๐Ÿ„ 2 knoffelhuisies, fyngedruk

๐Ÿ„ 300g Gemengde sampioene, in stukke gesny

๐Ÿ„ 2 stele seldery, gekap

๐Ÿ„ 2 wortels, geskil en in blokkies gesny

๐Ÿ„ 4 takkies tiemie

๐Ÿ„ 15ml (1 e) meel

๐Ÿ„ 375ml (1.5 k) gort

๐Ÿ„ 4ร—250ml (4 k) groenteaftreksel

๐Ÿ„ 1/2 suurlemoen se sap en gerasperde skil

๐Ÿ„ sout en vars gemaalde peper

๐Ÿ„ 10g pietersiele, gekap

Metode:

wysig

โœ” Verhit die olie in ล„ kastrol en braai die yf en knoffel tot gekaramelliseer. Voeg die sampioene by en roerbraai 10min.

โœ” Voeg die seldery, wortels en tiemie by en roerbraai nog ล„ paar minute.

โœ” Sprinkel die meel oor en meng goed.

โœ” Roer die gort en groenteaftreksel by, bring tot kookpunt en laat dit 40min. prut of tot die gort gaar is.

โœ” Geur met die suurlemoensap,-skil, sout en peper.

โœ” Roer die pietersiele deur en sit voor.