Grondboontjiebotter en Klapper Fudge

Grondboontjiebotter en klapper fudge

Bestanddele:

wysig

500g wit of bruin suiker

1 × 270g sagte Grondboontjiebotter

200g botter

200ml melk

150g klapper, plus bietjie ekstra

1 pakkie Mariebeskuitjies, grof fyn gemaak

Metode:

wysig

Smelt botter in ‘n diep kastrol oor lae hitte.

Voeg suiker by en hou aan roer tot suiker net gesmelt is.

Voeg Grondboontjiebotter by, met helfde van die melk -100ml.

Roer goed deur en bring tot kookpunt.

Voeg res van die melk by, roer deur en verwyder van hitte.

Voeg klapper en gekrummelde koekies by, meng goed deur.

Laat mengsel effe afkoel.

In ‘n langwerpige glasbak, giet mengsel in en maak eweredig.

Strooi klapper oor en plaas in yskas om goed af te koel.

Sny in klein blokke en geniet.

Wenk:

wysig

Bêre in lugdigte houer in yskas.