Broccoli en blomkool slaai
BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI
Bestanddele:
wysig🔼1 bossie broccoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
🔼1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
🔼1 koppie rosyne
🔼1 koppie sonneblomsaad
🔼1 bossie slaai uie fyn gesnyopsioneel
🔼1 blikkie pitmielies gedreineer
🔼1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
wysig🔽½ koppie asyn
🔽1 koppie conola olie
🔽1 koppie suiker
🔽1 teelepel sout
🔽1 teelepel mostertpoeier
Metode:
wysigMeng al die slaaisous bestanddele goed saam. Meng al die slaai bestanddele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.