Botterskorsie sop
BOTTERSKORSIE SOP
Bestanddele: wysig
700 g botterskorsie ( butternut)
1 ui, gekap
3 aartappels, in blokkies
1,25 liter hoenderaftreksel
sout en peper na smaak
125 ml room of melk
METODE: wysig
Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir ‘n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is. Versap in voedsel verwerker en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening.